24 June 2021 | Omgewing Ronelle Rademeyer - Die Kanadese regering is versoek om ’n omsigtigheidsondersoek te doen na Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) se oliesoektog in die Kavango. ’n Eko-forensiese prokureursfirma in Johannesburg sê in ’n brief aan die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, die ministers verantwoordelik vir natuurlike hulpbronne, die omgewing en klimaatsverandering asook opposisieleiers dat dié Kanadese olie- en gas maatskappy internasionale ooreenkomste oortree wat deur Kanada onderteken is. Me. Divina Naidoo van Schindlers Forensics het gister aan Republikein gesê ’n afskrif van dié brief is ook aan die Namibiese minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gestuur.