Mediclinic George se bestuurder, Kassie Karstens
GEORGE NUUS - Mediclinic George se bestuurder, Kassie Karstens, het die publiek gemaan om verantwoordelik op te tree om te help om die verspreiding van Covid-19 te verhoed. Dit wil voorkom of hierdie golf groter is as die vorige een, en dit gaan regtig rof. Ons intensiewesorgeenheid is op vol kapasiteit. Ons het besoektye gestop, en die laaste twee dae weer sale omgeruil om plek te maak vir nog Covid-pasiënte. Ons het ook teaterlyste afgeskaal weens beperkte beddens.
Hy het die publiek bedank vir hul boodskappe van bemoediging.
Nadia Ferreira, distrikswoordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het by navraag gesê alhoewel daar n toename is in Covid-19-opnames in distrikshospitale, is hulle nie tans onder druk nie.